Bianca Richter
Wêreldwyd is paniek besig om te ontstaan met die verspreiding van swamsiektes wat dodelik, ongeneeslik en selfs nie voorheen ‘n realiteit was nie. Kan dit ‘n nuwe pandemie tot gevolg hê en gaan ons almal in zombies verander, soos in The Last of Us?
Daar bestaan miljoene swaminfeksies, maar wetenskaplikes het al slegs ‘n handvol geïdentifiseer en volgens The Global Action for Fungal Infections sterf 1.6 miljoen mense jaarliks aan swamverwante siektes. Die rede waarom swaminfeksies mense kan infekteer, is as gevolg van swamme wat aangepas het by warmer temperature as gevolg van klimaatsverandering. Dit maak dit moontlik vir hulle om in die menslike liggaam te oorleef.
‘n 61-jarige Indiese man was die eerste om geïnfekteer te word deur ‘n swamsiekte wat gewoonlik slegs plante infekteer. Die geïnfekteerde man het die siekte via spore opgedoen terwyl hy sy navorsing as ‘n mikoloog in die Oos-Indiese stad, Kolkata gedoen het. Hy is wel nie oorlede nie, maar dit het ‘n bekommernis onder gesondheidskundiges laat ontstaan, omdat hulle geen manier het om die nuwe siekte te behandel nie.
In die Verenigde Nasies was daar ‘n uitbraak van ‘n middelweerstandige en potensieel dodelike swaminfeksie in gesondheidsfasiliteite. Dit was kommerwekkend, want volgens die CDC (Centre for disease control and prevention) is ‘n derde van die mense wat geïnfekteer met die siekte is, dood. Die Candida Auris-virus is nie ‘n gevaar vir mense wat gesond is nie en kom normaalweg in klein hoeveelhede in die menslike liggaam voor. Volgens The National Library of medicine dra 30% to 50% van alle mense die organisme in hulle liggame,maar die hoeveelheid wat mense in hulle lyf kan dra, vermeerder met die ouderdom en kan lei tot infeksies indien jou immuunstelsel verswak.
Tydens die Covid-19-tydperk in Indië was daar ‘n groot uitbraak van die Mucormycosis-infeksie. Dit infekteer die brein en longe en mense wat die infeksie in hulle oë of mond kry, moet dit chirurgies laat verwyder voordat dit na die brein toe kan versprei. Vir verdere inligting besoek https://www.youtube.com/watch?v=Y4Wmv02XwQ8 .
Die onlangse vrystelling van die TV-drama, The Last of Us, speel in ‘n wêreld af waar ‘n swaminfeksie, wat tipies in miere voorkom, mense begin infekteer het en in zombies verander. Na afloop van die eerste seisoen het mense begin wonder of die menslike populasie beheer kan word deur swaminfeksies en of die drama bloot vermaak is.
Met die onlangse swaminfeksies wat na vore getree het, is dit duidelik dat swamme ‘n plek in ons samelewing het, maar ons hoef nog nie bekommerd te raak oor ‘n swaminfeksie wat die wêreld se populasie in zombies gaan verander nie.