[Carene Wiggens]
Somer is om die draai en dit raak elke dag al hoe warmer. Hier is ‘n paar somerresepte om jou lus vir iets koud en verfrissend, vullend en smaaklik of selfs soet en nostalgies te maak in dié sonnige seisoen.
Sjokolademelkskommel
Bestanddele:
● sjokoladeroomys
● 25 ml sjokoladestroop
● 125 ml melk
Benodighede:
● ‘n skudbekertjie
● elektriese voedselverwerker of staafmenger
● 1 roomyslepel
● 1 groot glas
● maatlepels
● maatbekers
Metode:
- Skep 2 groot lepels roomys in die skudbekertjie en voeg die sjokoladestroop en melk daarby. Roer goed.
- Sit die deksel styf op en skud goed of meng dit deeglik met ‘n staafmenger.
- Skink dit dadelik in ‘n glas en bedien yskoud
- Voeg room of roomys bo-op vir ‘n meer smaaklike melkskommel.
Piesangbrood
Bestanddele:
● 3–4 ryp of oorryp piesangs
● 2 eiers
● 240 g koekmeel
● 200 g suiker
● 150 g gesmelte botter
● 2 teelepels bakpoeier
● ‘n knippie sout
● Spray and Cook
Benodighede:
● klein broodpan
● maatbekers
● sif
● 2 mengbakke
● ‘n bord
● elektriese- of handklitser
● glasbakkie om botter in te smelt
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.
- Plaas die piesangs op ‘n bord en maak dit fyn met ‘n vurk.
- Meng die piesangs, suiker, gesmelte botter en eiers saam in ‘n mengbak.
- In ‘n aparte mengbak, sif die meel, bakpoeier en sout saam.
- Voeg nou al die droë bestanddele by die nat bestaddele en meng goed saam.
- Spuit nou die broodpan met Spray and Cook en gooi die mengsel in die broodpan.
- Bak teen 180 grade Celsius vir 45 tot 55 minute.
- Laat die brood afkoel vir 10-20 minute, voordat jy dit uit die broodpan verwyder en dit bedien.
Pepperment Crisp-tert
Bestanddele:
● 2 pakkies tennisbeskuitjies
● 250 ml room
● 1 blikkie Caramel Treat
● 4 Peppermint crisp-sjokolades
Benodighede:
● rasper
● mengbakke
● glasbak
● handklister
Metode:
- Rasper al vier Peppermint crisp-sjokolades – drie sjokolades in een bakkie en die ander sjokolade in ‘n aparte bakkie.
- Meng die room, Caramel Treat en drie gerasperde sjokolades bymekaar in ‘n mengbak en meng goed met ‘n handklitser.
- Pak die bodem van ‘n glasbak met die tennisbeskuitjies.
- Bedek die laag tennisbeskuitjies met ‘n laag van die mengsel in stap 2. Gooi slegs die helfte daarvan oor die eerste laag tennisbeskuitjies.
- Pak nog ‘n laag tennisbeskuitjies oor die mengsel.
- Bedek die nuwe laag tennisbeskuitjies met die res van die mengsel.
- Strooi die oorblywende, gerasperde Peppermint crisp-sjokolade bo-oor.
- Sit die tert oornag in die yskas.
- Haal die tert uit die yskas en bedien met room of roomys.
Gaan eksperimenteer gerus met die bogenoemde resepte en sit ‘n glimlag op jou en jou geliefdes se gesigte. Moenie vergeet om vir jou gunsteling-onderwyser ook te bederf nie, dalk stoot dit jou wiskunde-punte op.
Carene Wiggens
Carene hou van sport, met honde speel en die see is haar gunstelingplek om te wees.
