Mia Groenewald
Kruip jy ook weg
in die stiltes
van die verlede
in die chaos
in die onrealistiese vrede
van mense
agter ‘n deur
van dit wat bekend is
in die gange van jou gedagtes?
In jou bed
van die irrasionele vrese wat jy het?
Sodat jy nie kan verdwaal
in ‘n gebroke wêreld met
‘n verlore hart
waarna niemand soek nie
die vog in jou wimpers smeek
maar niemand luister nie
So kruip jy ook dan maar eerder weg?
Want dis te veel moeite
om al die stukkies
alleen op te tel
en dit weer
vas te
heg.