Die wetenskap agter vlieg 

Danté van Wyk

’n Voorwerp vlieg as dit beweeg sonder om enige planetêre kontak te maak. Dié term is baie bekend vir die mensdom. Mense het eers agtergekom dat voëls in die lug kan rondsweef as hulle hul vlerke baie vinnig op en af beweeg. Hulle het toe probeer om self so talentvol te wees, maar omdat die meerderheid van die mensdom meer as vyf kilogram weeg, kan só iets ongelukkig nie gebeur nie. Die feit dat ons nie vlerke het nie, help natuurlik ook nie. 

Op 17 Desember 1903 het twee broers dit reggekry om die heel eerste vliegtuig vir 12 sekondes in die lug te hou. Wilbur en Orville Wright het na vier jaar van deeglike beplanning en navorsing die Kitty Hawk-vliegtuig in die lug gekry. Hierdie gebeurtenis word deesdae oor die algemeen herken as die eerste suksesvolle vlug. Alhoewel hierdie ikoniese gebeurtenis as die eerste self-aangedrewe, swaarder-as-lug-vliegtuig gesien word, was dit nie die eerste vlug nie. 

In die geskiedenis van lugvaart was daar al baie gevalle waar mense sweeftuie gebou het, maar gewoonlik was dit nie aangedrewe voertuie nie. Leonardo da Vinci was selfs so voor sy tyd dat hy ’n tipe sweeftuig ontwerp het. En as jy kyk na die definisie van vlieg, tel hierdie sweeftuie as lugvaart. Soos sweeftuie, is daar ook voertuie wat ligter as lug is en tel as lugvaart. Lugskepe word gesien as vliegtuie wat deur dryfkrag behou word terwyl dit ’n groot gasmassa onderhou (gewoonlik helium, maar voor die Hindenburg- ongeluk is waterstof gebruik). Ongelukkig word lugskepe nie meer as ’n vervoermiddel gebruik nie omdat dit ’n baie duur uitgawe is en ook omdat dit baie gevaarlik is.

Vandag, na klomp eksperimente en verkeie ontwerpe, het ons ’n wêreld met moderne tegnologie. Van militêre stralers tot elektroniese aangedrewe hommeltuie. Dit is als te danke aan daardie eerste vlug op 17 Desember, 119 jaar gelede.